Meer oor ons
Posted on December 9th, 2006 in 5 Comments »
Dagse!
Welkom by die Afrikaans in Sydney potgooi web ruimte! My naam is Phillip Massyn, en ek woon sedert Augustus 2001 in Sydney. Nadat ek vir ‘n klompie jare van my Afrikaans geskei was, het ek besluit om hierdie potgooi te begin, om Afrikaans te bevorder op die internet. Hier is baie Suid Afrikaners, selfs Afrikaans sprekende Suid Afrikaners wat hulself in Sydney, sowel as ander dele van die wereld bevind. ‘n Potgooi is ‘n wonderlike internet radio medium wat ons in staat stel om ons taal te kan praat, reg oor die wereld.
Van tyd tot tyd sal ons ‘n braai reel, of ‘n koffie kroeg kuier. As jy op soek is na ander Afrikaners in Australie, wil ek jou uitnooi om na die SAAustralia.org forums te gaan, en daar ‘n paar mense gaan ontmoet. Ons publiseer ook gereelde Suid Afrikaanse-Auzzie gebeure by www.sa2au.com.
Julle is meer as welkom om my te kontak per epos by phil@massyn.net. Luister lekker saam na die potgooi, en onthou, jy het nie ‘n iPod nodig om na ‘n potgooi te luister nie!


